Onderwyserpos
JAN KRIEL SKOOL (KUILSRIVIER) Hierdie spesiale parallelmedium gekombineerde skool vir LSOB bied die onderstaande Onderwyserpos met ingang 15 Januarie 2018 aan. Kandidate wat wil deel word van ‘n wen skool op die voorpunt van spesiale onderwys word aangemoedig om aansoek te doen! WKOD Kontrakpos (met moontlikheid van permanensie) • Landbou Tegnologie VOO (‘n substantiewe WKOD vakature is beskikbaar vir oorplasing vanaf ‘n ander provinsie, laterale skuif van ‘n ander skool binne die Weskaap, ‘n 6B omskakeling of kontrak. Die suksesvolle kandidaat sal hierdie nuwe opwindende vak in graad 10 infasseer. Voorkeur sal aan kandidate gegee word wat ook Siviele Tegnologie vir graad 12 in 2018 kan aanbied. Laasgenoemde vak word uitfasseer) ‘n Volledige CV met gewaarmerkte afskrifte van kwalifikasies en getuigskrifte kan per hand by die skool ingedien word of gepos word aan Jan Krielskool, Posbus 17, Kuilsrivier 7579. Aansoeke kan ook per epos gestuur word aan sonja@jankriel.co.za. Aansoeke moet die skool teen 30 Oktober 2017 bereik. Korrespondensie sal beperk word tot gekortlysde kandidate. Vir meer inligting kan die Skoolhoof gekontak word by 021 900 3275.
To Apply for this Job,
OR