Sales Representative / Verkoopsagent Urgent
HYGROTECH WORD BESKOU AS DIE LEIER OP DIE GEBIED VAN BEMARKING EN VERSPREIDING VAN GROENTESAAD IN SUID-AFRIKA. ‘n Geleentheid vir ‘n ervare en pro-aktiewe individu met uitstekende verkoops-, beplannings-, asook kommunikasievaardighede (Afrikaans & Engels).Iemand wat ‘n passie het vir landbou en bemarking. Die ideale kandidaat beskik oor ‘n tersiêre lanbou en/of B Com bemarkingkwalifikasie, met nagenoeg drie jaar toepaslike ondervinding in verkope. Aansoekers met ‘n AVCASA en of BASOS kwalifikasie asook verkoopservaring in groente verspreiding sal voorkeur geniet. ‘n Geldige bestuurderslisensie is ook deel van die vereistes vir hierdie betrekking.
Die suksesvolle kandidaat sal oorhoofs verantwoordelik wees vir die;
– Aktiewe rol sowel as ondersteunende rol in die kommersialisering van die verkoop van maatskappyprodukte
– Fasilitering van bestellings
– Bestuur van die daaglikse besigheid
– Om te verseker dat maandelikse teikens bereik word
– Opstel van die nodige verslae
– Om ‘n handelsmerkambassadeur vir die maatskappy te wees
– Uitbreiding van die huidige kliëntebasis
Die markverwante vergoedingspakket sluit ‘n produksiebonus asook petrolkaart in. Slegs kandidate wat aan die vereistes voldoen kan ‘n volledige CV en kontakbare verwysings rig aan lienkie@agrihr.co.za voor of op Vrydag 06 November 2020.
To Apply for this Job,